Gebedsbediening
Gebedsmuur1
Tannie Marita - Gebedsbediening met woorde

Gebed vir 2012

As ons dink hoe God ons gered het, buig ek in aanbidding voor Hom, die Vader van ons Here Jesus Christus, want dit is Hy wat al die menslike geslagte gemaak het, of hulle reeds in die hemel is of nog hier op aarde.

Ek bid dat Hy julle deur Sy Heilige Gees in julle harte sal krag gee, want al die Goddelike mag en eer behoort aan Hom.

Mag Christus in julle harte woon omdat julle in Hom glo, en mag julle hele lewe gebou wees op liefde vir God en vir ander mense.

Ek bid ook dat julle en al die ander Christene duidelik sal verstaan hoe lief Christus ons het, al is Sy liefde so oneindig groot en wonderlik dat ‘n mens se verstand dit nie kan begrpyp nie.

Mag God self met al Sy rykdom in julle woon en julle lewe vol maak.

God werk in ons met Sy krag (die Heilige Gees) en Hy kan vir ons oneindig meer doen as wat ons ooit kan bid, en meer as wat ons ooit kan dink.

Dit is aan Hom wat die kerk al die eer moet gee as ons dink aan wat Christus Jesus vir ons gedoen het.

So moet die een geslag na die ander Hom prys tot in ewigheid.

Amen

Effesiers 3:14-21 (Uit die Lewende Bybel)

Om te verseker dat jou besonderhede op ons databasis op datum is klik hier.
Voltooi en e-pos na Estienne@wilgespruit.co.za of faks na (011) 768-1885