Gebedsbediening
Botaniese tuine gebed


Vorige
Gebedskalenders:
November
Oktober
September
Augustus
Mei, Junie, Julie

Gebedsmuur vir Wilgespruit

The Vineyard Prayer

Tannie Marita - Gebedsbediening met woorde


Paasfees – Jesus in die Tabernakel:

Tabernakel

Joh. 14:6  
 “Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die
Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.”

Die einddoel van ons verhouding met Jesus is om by die Vader uit te kom.
Hy is DIE WEG, DIE WAARHEID en DIE LEWE.
Die tabernakel in die Ou Testament is gedeel in drie en die ingang
wat ons vandag kan beleef
is Jesus Christus self.
 Hy is die ingang na die voorportaal (die Weg) 
Hy is die ingang na die Heilige Plek (die Waarheid) en
Hy is die ingang na die Allerheiligste (die Lewe)

Ingange na verskillende vlakke:
Jesus is die ingang na elke nuwe dimensie van ons verhouding met Hom.

    Eerste gordyn – Die Weg
    Poort van verlossing – redding

    (a) Dit was die enigste ingang na die tabenakel  (Hand. 4:12)
    (b) Dit was wyd – Dit was dubbel die breedte van die ander ingange binne-in die tabernakel.  Uitnodiging vir elkeen wat wil ingaan.
    (c) Dit was duidelik gemerk –

    Blou: hemelse kleur – Seun van God
         Pers:  koninklike kleur – Koning van die konings
         Rooi: offer kleur  - Bloed van die Lam.
    Niemand kan eendag voor die Here staan en sê dat hulle die ingang gemis het nie.

Tweede gordyn – Die Waarheid.
Poort van Heiligmaking

Joh. 8:32
“En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”

 Heiligmaking is ‘n besluit wat elkeen neem om ontslae te raak van
sondige natuur en om nader aan God te beweeg.
Ons kan dit alleenlik deur Jesus Christus doen.
Ons moet wel vir God die toestemming gee om skoon te maak
 in ons WIL – EMOSIES en DENKE.
Soos ek die waarheid ken, sal God die reiniging bring.

Derde Gordyn – Die Lewe
Poort van geregtigheid:

Meeste mense gaan nie in hierdie ingang in nie, want die koste is hoog.
Om hier in te gaan moet ek myself kruisig,
sterf aan die eie EK, en totaal oorgee aan God.

    • Hierdie totale oorgee beteken volle oorgee.
    • Hierdie is die doel waarvoor God jou gered het.
    • Hier kom verstaan in: Dit is hier waar ons,
      ons volle geloof in die volmaakte prys
      van die geskeurde liggaam van Christus plaas.
    • Dit is hier waar ons verstaan dat ons vrymoedigheid het om persoonlik op
       ‘n intieme wyse met God te kan praat en gemeenskap te hê.
    • Dit gebeur alleenlik deur die volle vertroue in die krag van die bloed van Jesus.

      Heb. 10: 19-20
      “Terwyl ons dan broers die vrymoedigheid het om in die Heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus … 20 op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees.”

     

WILGESPRUIT-LESERS ONS WIL JOU AANMOEDIG OM DEUR TE DRUK, DEUR DIE VERSKILLENDE INGANGE TOTDAT JY JOU BEVIND IN GOD SE TEENWOORDIGHEID.

 

Elke gordyn verteenwoordig Jesus Christus.

Die 3 dele van die tabernakel nl.  Die Voorhof, Binnehof en Allerheiligste is soos die 3 gordyne.

1 Kor. 1:30
“Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het WYSHEID uit God en GEREGTIGHEID en HEILIGMAKING en VERLOSSING.”

 

         (met dank aan Kainos Aanbiddingsentrum)

 

Groete in Jesus Christus
 


Gebedsbediening Wilgespruit.

Kontak ons, ons bid elke Saterdagoggend tussen 7 en 8 uur by die kerk.
 
H/v Mimosa en Wag-‘n bietjie straat, Wilropark.

Kontak nommer vir meer inligting  (011) 764- 2000 Kerkkantoor of

Marita Albertse  (011) 764-1330
 

Om te verseker dat jou besonderhede op ons databasis op datum is klik hier.
Voltooi en e-pos na estienne@wilgespruit.co.za of faks na (011) 768-1885