Hart Droom en Reis

Hart, Droom en Reis

Ons Hart:

  • Wilgespruit, gewortel in die stroom van Lewende Water

Ons Droom:

Wilgespruit wil as geestelike tuiste die volgende bied:

  • 'n Plek waar God se Woord en Sy Gees mense heelmaak en bekragtig.
  • 'n Plek waar mense, oud en jonk, saam kan groei en ons lewens in dankbaarheid kan toewy aan ons Koning, Jesus Christus.
  • 'n Plek waar ons dissipels vir die Here maak en die Here se lig kan wees in hierdie węreld.
  • 'n Plek waar die soekende mens 'n veilige heenkome vind.
  • 'n Plek waar ons mekaar en ons gemeenskap kan bedien met die Woord, liefde, deernis, bamrhartigheid en die verdraagsaamheid van Jesus Christus.
  • 'n Plek waar ons 'n bron van hoop vir ons kinders en ons gemeenskap kan wees.
  • 'n Plek waar almal tuis en welkom sal voel.

Ons Reis:

As geestelike leiers ...

  • wil ons lei deur diensbaar te wees en bereidwillige hande en voete vir Hom te wees.
  • wil ons saam luister na God se wil en saam die mantel opneem wat God vir ons volgens Sy wil openbaar.
  • wil ons deur ons voorbeeld lei.
  • wil ons in biddende afhanklikheid rigtingbepalend, ligdraend en verdraagsaam wees vir Hom.
  • wil ons leiding neem om ons grense te verskuif, om so ons "grondgebied" in die Here vir die Here te vergroot.
  • As Sy Gemeente ...
  • wil ons saam groei in geloof, nederigheid en diensbaarheid.
  • wil ons saam groei in ons betrokkenheid binne die gemeenskap.
  • wil ons saam ons gawes ontdek en toegerus word om al ons gawes en talente te gebruik.
  • wil ons saam nuut dink oor hoe om liggaam/bruid/huis van Jesus te wees.
  • wil ons die veilige hawe wees vir vandag se mense.
  • wil ons saam vir elke faset van ons lewens biddend afhanklik van God wees.
  • wil ons saam in 'n lewende verhouding met God staan, mekaar se hande vat as dit swaar gaan, saam ervaar dat Jesus Cristus ons Kragbron is.
  • wil ons saam die Blye Boodskap uitleef en na buite uitdra.

Om te verseker dat jou besonderhede op ons databasis op datum is klik hier.
Voltooi en e-pos na Estienne@wilgespruit.co.za of faks na (011) 768-1885