Inskakeling

Hoe ervaar ek Ware Spiritualiteit?
Ware Spiritualiteit is NIE Godsdienstige aksies of die nakom van Godsdienstige reëls nie  … Ware Spiritualiteit is om God en mense lief te hê.

Hierdie kragtige studie van Ware Spiritualiteit in die lewe van Jesus verskaf deurslaggewende insig in wat dit beteken om ‘n geloofwaardige volgeling van Jesus Christus te wees.

Die feit dat jy bogenoemde lees sê al klaar iets van jou - dat jy ten minste oop is daarvoor dat God jou kan gebruik om ‘n groep te lei of dat jy bereid sal wees om geestelik te groei saam met ‘n paar geloofsvriende.

Die idee van ‘n selgroep kan intimiderend klink, maar dit hoef nie so te wees nie.  Dink eerder daaraan as ‘n byeenkoms van ‘n paar vriende wat mekaar beter wil leer ken en oor geestelike sake gesels.

Voltooi asseblief die vorm indien jy belang stel om by ‘n nuwe selgroep in te skakel.  Nicolette by die kerkkantoor sal jou kontak sodra sy jou besonderhede ontvang het.

Naam en Van

Tel no huis

Tel no werk

Selfoon no

E-pos adres

Dag wat u die beste pas

Groep Tipe

Ja, ek wil ‘n selleier word

 

Ja, ek wil inskakel by ‘n selgroep

 

Opmerkings

 

Om te verseker dat jou besonderhede op ons databasis op datum is klik hier.
Voltooi en e-pos na Estienne@wilgespruit.co.za of faks na (011) 768-1885