|
Kampe
2012 is ’n jaar vir nuwe uitdagings en nuwe geleenthede. Hierdie jaar gaan ons heerlike kampe hê wat elke persoon sal pas.
Ons het ’n belydenis kamp vanaf 17 to 19 Februarie te Parys, in die Vrystaat nie nie in Frankryk nie. Dit gaan vreeslik baie pret wees.
Dan het ons ’n avontuur kamp vir graad 3 tot 6 vanaf 2 tot 4 Maart ook op Parys by Camp Greystoke. Hierdie gaan ’n belewenis wees soos min.
Ons hoërskool avontuur kamp vir graad 7 tot 12 is ’n gesamentlike kamp met verskillende NG Gemeentes te Loch Vaal. Die kamp is vanaf 16 tot 18 Maart. Boek jou plek sommer nou.
Ons het weer ’n heerlike vakansie program aan vir die kinders vanaf graad 1 tot graad 6 by die kerk gedurende die Julie vakansie. Dit is vanaf 9 tot 13 Julie.
Dan natuurlik het ons die hoërskool kamp op Mooigenoeg kamp terrein te Bloemfontein. Verlede jaar het ons 60 kinders saam gevat, hierdie jaar gaan ons 2 busse nodig hê. September vakansies gaan nooit weer dieselfde wees nie.
Vir enige navrae oor kampe kontak of vir Estienne by die kerk kantoor of vir Ds. Morné
|