Meer oor ons

Ons Eredienste

Ons inspirerende eredienste vind elke Sondagoggend en aand in die kerkkompleks plaas. Ons maak afwisselend gebruik van multimedia-aanbiedinge om die Evangelie van Jesus Christus op ‘n kragtige en eietydse manier oor te dra. Om die besonderhede van ons eredienste makliker te onthou, gee ons dit vir jou só deur:

Sondagoggende om 08:30 -

  • · Die benadering is meer informeel, met die Musiekbediening wat die sang lei. Die liturgie is meer ontspanne, die musiekkeuse is minder formeel en ons verwelkom dit as lidmate "soekende vriende" (dit is óf mense wat na 'n lang tyd weer terugkeer na die kerk, óf wat op soek is na geestelike antwoorde op al hulle vrae) na hierdie diens bring.
  • · 'n Kindergerigte gesinsdiens in die kerksaal, mits dit nie skoolvakansie is nie. Hier is die keuse van liedere eenvoudig, neem die Musiekbediening die leiding met die sang en is die boodskap spesiaal op die kleiner outjies (van laerskool-ouderdom) gerig. Soms maak ons hier gebruik van ons gemeente se dramagroepie.
  • Om 10:00 word 'n erediens by Klein Helderkruin Aftree-oord gehou

Sondagaande om 18:45 -

  • · Hierdie kan sekerlik die hooferediens van die dag genoem word. Dit word uitstekend bygewoon, vanweë die sang wat werklik die gemeente tot lofprysing en aanbidding bring en die boodskappe wat die Evangelie eenvoudig en op die man af verkondig.
  • · Tydens skoolkwartale is daar, gelyklopend met die erediens in die kerk, ook ‘n jeugdiens in die saal wat op die tieners en “twenties” gemik is. Daar word ook van die jeugwerkers gebruik gemaak om in die idioom van die jeug, deur boodskappe en liedere, hulle harte te bereik.
  • Nagmaal word verspreid deur die jaar gevier, terwyl die doop maandeliks (gewoonlik op die laaste Sondag van die maand, by die eerste oggenddiens) bedien word. Raadpleeg in hierdie verband asseblief die gemeenteprogram. Doopaansoeke word ‘n maand voor die tyd deur voornemende doopouers ingehandig.

Daar is normaalweg die Donderdagaand voor Goeie Vrydag 'n Nagmaalsdiens om 19:00 en op gewone eredienstyd Goeie Vrydag 'n Kruisigingsdiens, wat Paassondag gevolg word deur 'n Sonsopkomsbiduur om 06:00 en 'n Opstandingslofdiens om 08:30.

Kersoggend het ons gewoonlik twee eredienste: 'n Vroeë diens om 07:00 en die tweede een om 08:30. Dit is raadsaam om vroeg reeds kerk toe te kom, aangesien hierdie eredienste baie goed bygewoon word.

Oujaarsnag begin ons gewoonlik om 23:00 saamsing en volg die Oujaarsnagdiens net daarna.

Om jou lidmaatbewyse op te dateer kontak asb vir Estienne by die kerkkantoor