|
Nuwe Intrekkers
Kerkkantoor kontak persoon (011) 764 2000 Estienne Veenendaal (Uitbr. 1) Nicolette van der Merwe (Uitbr. 6)
Nuwe Intrekkers is verseker een van die heel eerste kontakpunte met ‘n gemeente. Ons gaan fokus om elke nuwe lidmaat op so ‘n mate te ontvang en welkom te laat voel dat hulle nie anders kan as om betrokke te wil raak by ons gemeente nie.
Vir betrokkenheid, voltooi die Nuwe Intrekker lidmaatskapvorm
Ons het gedurende 2012 twee Nuwe Intrekker Bring en Braai geleenthede met die eerste geleentheid die 13 April 2012 . Hier word al ons nuwe intrekkers welkom geheet en is dit ook ’n geleentheid om mekaar persoonlik te ontmoet en sommer net lekker saam te kuier.
Hou dan die volgende datums dop:
Nuwe Intrekker Bring en Braai
13 April 2012 @ 18:30
19 Oktober 2012 @ 18:30
Ons wil ook enige iemand wat belangstel om by ons Nuwe Intrekker Bediening in te skakel uitnooi om met ons kontak te maak. Ons benodig mense met ‘n passie van gasvryheid om ons Nuwe Intrekkers te besoek en hulle welkom te laat voel in ons gemeente. (Kontak vir Nicolette by die Kerkkantoor (011) 764 2000 (uitbr. 6))
Nuwe Intrekker Bediening Span
- Alta van der Merwe
- Corrie Vorster
- Nicolette van der Merwe
- Magda Schoeman
- Valerie Vermeulen
- Sonestie Janse van Rensburg
- Janine Oosthuizen
|