Ons Leraars

Ons Leraars

Ds Andries van Rooyen
het BA-Admissie gestudeer aan die Potchefstroomse Andries en AmandaUniversiteit vir Christelike Hoër Onderwys in 1976. Hy is daarvandaan na die Universiteit van Pretoria, waar hy in 1979 die BD-graad en die jaar daarna die Nagraadse Diploma in Teologie behaal. Hy het gespesialiseer in die Praktiese Teologie en sy skripsie was getiteld: "Die plek van die regverdiging in die pastorale gesprek".  Die van Rooyen gesin was vanaf Januarie 1980 tot en met November 1984 in die gemeente Lydenburg-Suid, waarvandaan hulle na Wilgespruit verskuif het.  Andries van Rooyen geniet dit om saam met sy gesin die woonwa êrens heen te sleep en met 'n lekker boek te ontspan.  Ds Andries is gelukkig getroud met Amanda (néé Jacobs) wat 'n finansiële adviseur is. Hulle het twee seuns Andries (junior) wat reeds sy studies voltooi het en Tertius wat tans nog besig is met sy na-skoolse studies.

U kan ds Andries by die volgende nommers kontak:

Telefoon 011 764 4076
Sel 0834436677
Faks 011 768 1885
E-Pos driesvr@mweb.co.za
 
 Ds Hennie West Hennie en Marian 2word groot in Pietersburg waar hy ook matrikuleer.  Na drie jaar se studies in die ingenieurswese begin hy met sy teologiese studies aan die Universiteit van Pretoria (UP).  Hy behaal die grade BA en BD.  Met sy skripsie het Ds Hennie onder andere na nuwere bedieningspatrone gekyk.  Tydens sy studies ontmoet hy vir Marian Richter, 'n nooi van Rustenburg wat B.Com Personeelbestuur aan Tukkies voltooi.  Wilgespruit is hul eerste gemeente en hulle word hier ontvang en bevestig op 27 & 29 April 1990.  Hulle het drie seuns: Hennie, Wimpie en Kobus.  Hennie studeer Bedryfsingenieurswese aan Tukkies, Wimpie studeer Chemiese Ingenieurswese aan Tukkies en Kobus is in Graad 10 te Hoërskool Noordheuwel.  Al 3 seuns is kranige krieketspelers.  Marian het die beroepslewe ter wille van die kinders tydelik vaarwel toegeroep.  Sy spesialiseer tuis in Biosculpture Gel. Sy is ook die trotse eienaar van HenWiKo Blommeverhuring, ‘n besigheidjie wat haar baie plesier bring. Marian bring rustigheid in hul pastorie se gejaagde program.  Die West's is 'n baie hegte gesin.  Tydens sy M-studies spesialiseer Hennie in pastoraat en hy behaal die graad M.DIV in Huweliks- en Gesinspastoraat aan UP.  Sy verhandeling het die verhouding tussen Spiritualiteit en Seksualiteit ondersoek.  Hennie en Marian is saam verantwoordelik vir die Huweliksverryking- en Gesinskampe.  Benewens hul passie vir huwelike enDs Hennie St Lucia Gesin (2)~2 gesinne doen hulle graag saam berading. Die manne- en vrouebedienige lê hulle ook na aan die hart.  Die West's is baie lief vir die natuur en buitelewe. Hennie en die seuns probeer so gereeld moontlik jag; die trofeë in sy studeerkamer en hul kamers vertel iets hiervan.  Wanneer moontlik probeer hul as gesin om met hul fietse in die natuur tyd deur te bring.  Hulle kampeer graag en het al groot dele van ons pragtige land met die sleepwa en tente deurkuis. 

U kan Ds Hennie by die volgende nommers kontak:

Telefoon 011 764 2608
Sel 0834507733
Faks 011 764 2608
E-Pos hfwest@mweb.co.za
 

Ds Morné Bruwer Morne en Sharon1~1is in Vryburg gebore en het in 1992 daar sy skoolloopbaan voltooi, waarna hy na Bloemfontein is en aan die Technikon begin studeer het.  Hy het studies 'n loopbaan gemaak en tussendeur by verskeie maatskappye gewerk en ook 'n eie besigheid gehad.

Hy was deurentyd betrokke by jeugkampe, waar God hom geroep het om teologie te bestudeer en hy 'n groot passie vir die jeug ontwikkel het, wat al hoe sterker geword het.  Hy het toe in 2003 teologie begin studeer aan UOVS en sy studies in 2008 voltooi het.

Morné en Sharon, wat LL.B. in 2005 aan UOVS voltooi het, het ontmoet toe 'n vriend in Kuruman, waar Sharon se ouers ook woon, vir Morné 'n saamrygeleentheid met haar gereël het.  Toe hy vir Sharon sien, het hy geweet dit is sy vrou en vandaar was hulle onafskeidbaar.  Hulle is op 12 April 2008 n Bloemfontein getroud.

Op 17 Januarie 2009 is hy in Wilgespruit gemeente ontvang en bevestig as Jeugleraar.

Ds Morné kan gekontak word by:
Tel:  011 768 1061
Sel:  0828577779
Faks: 011 768 1885
e-pos:  morne@wilgespruit.co.za
 

Om te verseker dat jou besonderhede op ons databasis op datum is klik hier.
Voltooi en e-pos na Estienne@wilgespruit.co.za of faks na (011) 768-1885