|
Sel en Nuwe Intrekker bediening
Ons gemeente was betrokke met Rick Warren se 40 dae van GemEENskap veldtog. Daar was gepoog om tydens hierdie veldtog die fokus to plaas op die daarstel van nuwe selgroepe. As gevolg van die feit dat ons gemeente tot op hede ‘n struktuurlose aanslag met betrekking tot die funksionering van selgroepe bedryf het, was dit die idiale geleentheid om ons gemeente se Selgroep Struktuur in lyn te bring met ons nuwe benadering tot ‘n nuwe formule rondom die koördinering van ons Selgroep bediening.
Handeling 2:46 & 47: Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet, en God geprys. Die hele volk was hulle goedgesind. En die Here het elke dag mense wat gered word, by die gemeente gevoeg.
'n SELGROEP is 'n belangrike faset van kerkwees. Selgroepe bied die geleentheid om mekaar op ‘n geestelike vlak te ondersteun sodat almal effektiewe getuies vir Jesus kan word. Lidmate ontdek hulle plek en funksie in Sy liggaam saam met ander gelowiges. Dit is ’n plek waar ons mekaar ontmoet, bedien en ander lede intrek asook ‘n geleentheid waar geloofsekerheid gevind kan word en ons toegerus kan word om uit te reik na ander. In die Selgroep word die liefde van Christus sigbaar wanneer ons begin fokus op verhoudinge. In die Selgroep leer ons die Bybel beter verstaan en sodoende kry ons die geleentheid om die Woord met mekaar en met ander te deel en ook onderwerpe en vrae intensief te bespreek, wat in ‘n gewone erediens nie moontlik is nie. Dit is ook die plek waar geestelike groei plaasvind. In die Selgroep fokus ons nie net op ons eie behoeftes nie maar lê die fokus sterk op die uitleef van dit wat ons in die Selgroep leer en beleef uit te leef na buite. Groeplede bid ook vir mekaar en bedien mekaar deur hulle onderskeie gawes.
Ons as bediening wil fokus om die hele gemeente betrokke te kry in ‘n “Saam IS ons beter” uitdaging. Ons het tydens die 40 dae van gemEENskap veldtog so mooi gehoor en ervaar dat niemand op hul eie kan funksioneer nie - ons het verhoudings nodig. Dit is liefdesbande wat ons sterk maak in tye van krisis of siekte of trauma.
Ons sou graag wil sien dat elke persoon in ons gemeente moet beleef dat hy/sy belangrik is en dat ons omgee as ‘n gemeente. Daarom dan die volgende struktuur soos goedgekeur deur die kerkraad. Daar gaan 2 groepe in die totale struktuur wees naamlik:
STRUKTUUR : Selgroepe

Bogenoemde struktuur bestaan dan uit 3Leraars, elk met 4 Mentors, elkeen met 4selgroep leiers met ongeveer 10 lede per selgroep en ‘n kleingroepleier rapporteringslyn.
KLEINGROEPE
In die KLEINGROEP konsep sal die fokus geplaas word om mekaar beter te leer ken en om verhoudings te bou. Hierdie kleingroep gaan nie fokus op ‘n geestelike ervaring nie maar eerder op die daar wees vir mekaar, omgee en kontak met mekaar. Die kleingroep word geografies ingedeel . Daar sal ‘n kleingroep leier geplaas word wat verantwoordelik sal wees vir die koördinering van ‘n paar besoekpunte. Die groep sal 1 keer per maand bymekaar kom.
Elkeen kan baat by 'n Selgroep/ Kleingroep en het 'n bydra om te lewer.
Indien jy wil inskakel by ‘n groep kontak vir Nicolette van der Merwe by: Kerkkantoor (011 7642000 x 6) Email: nicolette@wilgespruit.co.za
of voltooi die nuwe Sel inligtingsvorm
|