Welkom by NG Gemeente Wilgespruit
SENDINGMAAND
Mei maand, is SENDINGMAAND!!!
ONTDEK DIE DISSIPEL BINNE JOU!
Hierdie jaar met SENDINGMAAND ontdek ons elkeen die gawe van dissipelskap binne ons. Ons wil graag saam met elkeen REIS deur Matteus 28 en leer wat dit beteken om na al die nasies toe te gaan en die mense dissipels te maak.
Ons het ‘n opwindende program so maak seker jy hou die gemeente epos en enige kommunikasie vanaf die gemeente dop om op hoogte. Gebruiklik hernu ons ook die GELOOFSOFFERBELOFTE tydens hierdie maand, so as jy graag sending plaaslik of internasionaal wil ondersteun kan jy hierdie maand jou bydrae begin maak!
