top of page

Barmhartigheid

Voorsitter:  Alma Fourie
082 455 8336

new Alma.jpg

Wat beteken die woord “barmhartig”? 

Dit beteken om medelye te hê met iemand wat in nood is; 

om saam te voel met iemand wat swaarkry en hom/haar sag te behandel. 

Vir Christene is God die Fontein van barmhartigheid. 

Daar is ‘n Skrifwoord wat sê:  “Kom terug na die Here julle God toe: Hy is genadig en barmhartig; Hy is lankmoedig en vol liefde.

Hy is bereid om straf te herroep” (Joël 2:13). 

Ons weet dat die hemelse Vader sy Seun, Jesus Christus, gestuur het om vir mense te wys hoe barmhartig en liefdevol God presies is.  Hy het sy onskuldige Seun gegee om in die plek van skuldige mense gestraf te word met die dood aan die kruis.  Mense wat in Jesus glo, word vrygespreek – en natuurlik word hulle uit dank-baarheid die mees barmhartige mense!  Dit is geen wonder dat Jesus gesê het:  “Wees barmhartig soos julle Vader barmhartig is” (Lukas 6:36) en “Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word” (Matteus 5:7).

Waar maak ons bediening 'n verskil?

barmhartigheid 3.png
barmhartigheid 1.jpg
barmhartigheid 2.jpg

KONTAK:

011 764 2000

VOLG ONS OP:

  • YouTube
  • Facebook Social Icon
bottom of page