

WAT IS KINDERWEEK?
Die KINDERWEEK is 'n opwindende 4 dae waar kinders interaktief en konstruktief van die Here leer.
Ons speel ons harte uit, doen arts and crafts, bak en brou, sing ons harte uit, kyk poppekas, speel LEGO en vele meer.
Elke dag bied ons ook 'n Spesiale geleentheid aan waar 'n instansie of persoon ons kom besoek en iets baie spesiaal of opwindend met ons deel of doen... ons het al selfs 'n planetarium by die kinderweek gehad!
Die hart van die Kinderweek is die groei van kinders se geloof en om 'n goeie belewenis van die kerk en geloofsgemeenskap te ontwikkel, maar verder help dit kinders met sosiale onwikkeling, hou hulle aktief en leer ons soos die week aangaan ander vaardighede en vermoëns ook aan.
Dit help ook ouers wat tydens die vakanse moet werk dat hul kinders in 'n veilige en betekenisvolle ruimte verkeer terwyl hul by die werk is.
BESONDERHEDE:
DATUM: Maandag 29 Junie tot Donderdag 2 Julie 2026
TYD: 07:00 - 16:00
PLEK: NG Gemeente Wilgespruit, toegang in Wag-'n-Bietjie straat by die klein hekkie by die saal.
KOS: Ligte oggend Snack, Ontbyt, Middagete, Middag Snack en deur die dag is daar koeldrank, lekkers en koekies.
VEILIGHEID: Kinders word in spanne van nie meer as 8 kinders ingedeel, elk met 2 leiers en daar is voltyds volwasse toesig tydens die week, daar is ook slegs een hek waar kinders in en uit gaan met 'n wag teewoordig wanneer die hek oopgemaak word.
PRYS: R700 vir die week. (2025) - mag dalk bietjie aangepas word die jaar
DAG BESOEKERS: Ons verkies dat kinders die hele week bywoon en nie slegs sekere dae nie, hoofsaaklik omdat temas op mekaar bou, maar gesels met ons indien daar spesiale reëlings getref moet word.
INSKRYWINGS:
Kontak ons by 011 764 2000 of by 083 436 3457 of by jeug@wilgespruit.co.za vir inskrywings.
Inskrywings kan ook op Sondae by die JEUG KANTOOR gedoen word of weeksdae tussen 08:00 en 12:00 by die KERKKANTOOR.












