
Bemarking en
Komminikasie
Voorsitter: Henriëtte Celliers
082 400 9360

Ons, by Bemarking en Komminikasie se hoof doel is om kommunikasie kanale oop te hou tussen gemeentelede sodat belangrike informasie by almal kan uitkom sodat ons as gemeente as ‘n eenheid kan funksioneer.
Dan lewer ons verslag van wat in die Gemeente gebeur het sodat gemeente lede ander mense kan aanspoor om aktiwiteite by te woon en deel raak van ons gemeente.
Die versorging van ons webwerf en aanlyn teenwoordigheid van ons gemeente neem ons baie ernstig op en mense van binne en buite kan die “Ek hoort” agenda raaksien.
Ons “Facebook” blad is aktief en ons leraars is altyd besig om iets te plaas in aanskouing van almal wat aan ons blad hoort of dit aanstuur vir iemand anders.
​
Ons Web-blad word op datum gehou en ons nooi mense uit om daarop te gaan loer waar jy die beste kan inpas.
E-poste word weekliks uitgestuur na al ons lede met die nuutste afkondigings wat ons dan elke Sondag na die diens ook vertoon.
Daar is talle “Whats App” groepe wat in en om ons gemeente funksioneer en alle inligting word dan sodoende so deurgegee.
Ons is ook verantwoordelik vir al die kennisgewingborde om die kerk en wanneer ons weer ekstra fondse beskikbaar het is daar ‘n paar plekkies wat ons reeds geïdentifiseer het waar ons nog kort.
Ons Bemakings bediening nooi elke Kerkraad lid uit om dit ‘n strategie te maak om ander mense na ons Gemeente en Kerk te nooi om sodoende aan ons “Ek hoort” strategie te deel. Feite is dat dit elke lid in die gemeente se werk om ander mense te nooi na ons gemeente en kerk bykomstighede. Dit is hoe ons gaan groei.
Enige voorstelle is altyd welkom

