

SONDAGSKOOL
WAAR KENNIS OOR GELOOF PRET IS
In 'n wêreld oorlaai met inligting en media platvorms word ons kinders en jeug konstant blootgestel aan 'n wye verskeidenheid van invloede. Wilgespruit se Sondagskool wil daarom juis kinders en jeug toerus met genoeg kennis oor God en hul geloof, dat hul sal weet wat die WAARHEID is en dit kan verwoord in die wêreld waarin hulle leef.

WILGESPRUIT SONDAGSKOOL
Ons bereik ons doel deur Kennis-gedrewe Sondagskool litteratuur te kombineer met 'n persoonlik aanslag waar elkeen spesiaal voel. Ons glo dat die Sondagskool onderwyser 'n reisgenoot vir die lewe behoort te word vir elke leerder wat in daardie klas is. Daarom bly dieselfde onderwyser saam met 'n klas van Graad 1 tot by Belydenisklas. Sodoende word daar diep verhoudings gebou en omdat geloof so 'n persoonlik saak is, is dit ideaal vir die oordrag van kennis.
Sondagskool klasse word aangebied op Sondae tydens die skoolkwartaal na die Oggenddiens en Saaldiens om 09:30 by die Jeug Sentrum.
Vanaf Gr. RR tot by Gr. 10 is welkom om enige tyd van die jaar te registreer en aan te sluit. Voornemende Belydenisklas leerders moet jaarliks in die derde kwartaal inskryf vir die volgende jaar. Registrasie koste beloop R150 per jaar.
Kom maak ook gerus 'n draai en kyk of jou kind aanklank vind.
Ons sien uit daarna om julle te ontvang.