top of page
STAP 1.jpg

BELYDENISKLAS

DIE FINALE STAP

Die Belydenisklas jaar is die finale stap wat geneem word om Belydenis van geloof te kan aflê. Wat presies is dit om belydenis van geloof te doen? Dit is wanneer jy voor die gemeente bely dat jy glo soos wat ons in die NG Kerk glo. Dit beteken jy vereenselwig jou met die 3 ekumensiese geloofsbelydenisse en met die 3 gereformeerde geloofsbelydenisse ('n geloofsbelydenis is basies 'n formulering van dit waarin ons glo, amper soos 'n defenisie). Verder beteken dit dat jy erken dat die Bybel (ou en nuwe testament) die onfeilbare woord van God is en laastens erken jy die kerkstrukture waaraan jy jouself wil verbind.

Basies is Belydenis van geloof 'n plek waar jy kan sê: "Ek het oor die jare geleer van die geloof, ek het geleer hoe die NG Kerk glo, hoe die NG Kerk werk, ek het gesien hoe julle die Bybel lees en interpreteer en op hierdie dag sê Ek.... Ek glo ook so." Belydenis van geloof is ook 'n plek waar jy in die openbaar kan erken dat jy in Jesus Christus as jou verlosser glo en is daarom ook 'n plek waar jy kan antwoord op die belofte wat jy of jou ouers gemaak het tydens jou doop... om jou te onderrig of te laat onderrig in die geloof. Daarom is dit 'n baie spesiale geleentheid.

Die Belydenisklas jaar is die jaar waar ons jou spesiaal voorberei om Belydenis van Geloof te kan aflê en daarom wil ons graag die volgende bereik:

  1. Wat beteken dit om te glo?

  2. Waarin glo ons as NG Kerk?

  3. Wie is God, 3-enig?

  4. Wat is my rol in die wêreld?

  5. Wat is my doel op aarde?

  6. Hoe werk die kerk?

  7. Wat is my plek in die kerk?

Omdat dit so 'n belangrike jaar is, is daar ook 'n paar vereistes vir die jaar wat nagekom moet word vir jou om Belydenis van Geloof te kan aflê:

  1. 80% Klasbywoning vir die jaar hê

  2. Die staptoer bywoon

  3. Die Masterclass bywoon

  4. 'n Suksesvolle onderhoud met 'n kerkraadslid voer

Dis 'n jaar van opwinding, verhoudings bou, groei en baie pret.

'n Jaar waar ons diep kan delf in die geloof en moeilike vrae vra.

'n Jaar wat jy veraltyd sal onthou.

KONTAK:

011 764 2000

VOLG ONS OP:

  • YouTube
  • Facebook Social Icon
bottom of page