top of page

Wilge-Seniors

Voorsitter:  Ronald de Vries
082 558 5527

new Ronald.jpg

Ons Bediening hou 4 funksies elke jaar die eerste funksie verlede jaar was n bingo funksie waar pryse gewen is en wat deur almal baie geniet is veral die koek en tee

Ons 2 de funksie was Valentyn dag die tema en almal het rooi  gedra musiek is verskaf deur Ronald /Hans en n Sendeling eggenote het n praatjie gelewer en vertel oor sendingwerk in Zambië met  skyfies asook sop en broodjie is bedien. 

Die derde funksie was lente funksie met musiek  deur Ronald en Ds Braam en same sing en koek en tee.

Ons Kersfees funksies  is altyd baie gewild en meer as n 100 mense woon dit by met n groot ete wat ons teen betaling reël.  Voorlesing oor die geboorte van Jesus  en saamsing. Trevor Nasser en Philip Kotze het al as gaskunstenaars gedurende Kersete funksies opgetree. Dié senior bediening help ook as gevra word met verskaffing van etes aan die jeug of Kursusse wat deur die Getuienis bediening gehou word. Alle fondse word self deur ons voorsien deur onder meer koekie  verkope. Ons gassprekers bied altyd baie interessante onderwerpe aan soos ons volgende spreker van die SAP gaan praat oor aanlyn bedrog en lokvalle veral teenoor ons Seniors.

Smiling Elderly Woman

KONTAK:

011 764 2000

VOLG ONS OP:

  • YouTube
  • Facebook Social Icon
bottom of page