
Eredienste
Voorsitter: Lourens Breytenbach
083 275 7106

Ons Erediens bediening se Visie en Missie is soos volg:
Visie: Om God saam te loof en te aanbid.
Missie: Eerbiedig saam te verkeer. Die erediens tot eer van God, tot stigting van die gemeente met in agneming van die verskillende behoeftes te laat plaasvind. Om Lidmate deur prediking en lofprysing te lei om die Here vreugdevol te ontmoet. Om met toewyding te dien, tot verheerliking van God en tot uitbreiding van Sy koninkryk.
Ons is verantwoordelik vir:
Verwelkoming van lidmate en besoekers by eredienste en enige navra te hanteer.
Voorbereiding en uitdeel van tekens by nagmaal vierings.
Insamel van dankoffers.
Dekor diensgroep wat alle versierings vir spesiale geleenthede doen.
Uitvoerende kunste diensgroep wat danse en visuele opvoerings soos en wanneer deur die leraar versoek.
Musiekgroep wat die gemeente begelei met lofprysing en aanbidding op ‘n besondere wyse en ook toepaslike liedere by die temas laat aansluit.
