top of page

NG GEMEENTE WILGESPRUIT

is vir 4 dekades reeds geplant aan die Wesrand waar ons wortels die samelewing deurkruis met ‘n omvattende bedieningkapasiteit. Ons is gefokus op die gesin en glo dat godsdiens in die huis sy oorsprong  het.

 

Geloof word aangeleer uit ‘n vertrouensverhouding en word verwoord in ‘n Bybelteks soos:  “Ek is die God van jou vader Abraham. Moenie bang wees nie, want Ek is by jou. Ek sal jou seën en jou ‘n groot nageslag gee ter wille van my dienaar Abraham.”  (Gen 26:24).

 

By die NG Gemeente Wilgespruit fokus ons op geloofsvorming van die kinders in die huis. Dit vloei voort uit ons Wilgespruit Sondagskool Program tot by die berading wat ons bied, wat gefokus is op die bemagtiging van ouers, asook die kweek van verhoudings, sodat ons soos een familie kan funksioneer. Van die geestelike groei van ons lidmate, tot by diegene na wie ons uitreik met die ware boodskap van verlossing van ons Here Jesus Christus, asook met die ware lewe in die Lewende God, is ons gefokus op gesinne waar elkeen gerespekteer word en die liefde van ons Heer kan ervaar.

 

Ons Sondagskool word vanaf graad 0 tot graag 11 aangebied deur opgeleide vrywilligers vanuit ons gemeente met gestruktureerde materiaal wat vir elke kind ontwikkel is. Op Sondae bied ons 3 eredienste aan en verwelkom ons alle nuwe intrekkers met ope arms. Hier by ons is die geleentheid om God te ervaar.  Die impak van ons gemeente word op alle terreine van ons samelewing gevoel.

bottom of page