top of page

Getuienis Bediening

Voorsitter:  Hans Kleynhans
081 355 1027

new Hans.jpg

Visie van Getuienis bediening:

Ons Visie – Ons streef daarna om ʼn getroue groeiende bediening te wees wat ʼn soekende wêreld wil aanraak.

Miga 6:8 - Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.

Ons Missie – Om deur die voorbeeld van Christelike waardes ʼn verspreider van die Goeie Nuus van Jesus Christus te wees.

Handelinge 1:8 - Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal getuies wees in Jerusalem sowel as die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.

Wilgespruit Gemeente ondersteun tans 4 Sendelinge plaaslik sowel as in die buiteland. Die finansiële ondersteuning word vanuit die Geloofsofferbelofteprojek befonds en aangewend om sendelinge te ondersteun, sending gerigte behoeftes vanuit gemeente, plaaslike uitreike en vir die aankoop van Christelike literatuur vir uitreik geleenthede.

 

Die Getuienis bedienning se doelwit is om te volhard om uit te reik na verlorenes en afgedwaaldes binne ons eie gemeenskap, maar ook dié daarbuite, vir die opbouing van God se Koninkryk en is afhanklik van borge. Die Sendelinge is werklik dankbaar vir u gebede en ondersteuning. Daarsonder sal die verkondiging van die Evangelie en sendingwerksaamhede wêreldwyd onmoontlik wees.

 

Uitnodiging

Indien jy ʼn persoon is wat ʼn hart vir sending het en geroepe voel word U hartlik uitgenooi om deel te word van die Getuienis bediening span en die wonderlike reis saam met ons Hemelse Vader te geniet.

 

Kontak asseblief die kerkkantoor vir enige verdere navrae.

​

Beste Sending groete

​

Lees gerus die maand se Sending Nuusbrief

Holy Bible Display

KONTAK:

011 764 2000

VOLG ONS OP:

  • YouTube
  • Facebook Social Icon
bottom of page