top of page
Ons Visie:

Ons hart is gewortel in die stroom van Lewende Water.

Ons Droom:

Ter aansluiting by die visie is dit ons droom dat NG Wilgespruit as geestelike tuiste ‘n plek sal wees, waar:

  • God se Woord en sy Gees mense heelmaak en bekragtig.

  • mense, oud en jonk, saam kan groei en ons lewens in dankbaarheid kan toewy aan ons Koning, Jesus Christus.

  • ons dissipels vir die Here maak en die Here se lig kan wees in hierdie wêreld.

  • die soekende mens ‘n veilige heenkome vind.

  • ons mekaar en ons gemeenskap kan bedien met die Woord, liefde, deernis, barmhartigheid en die verdraagsaamheid van Jesus Christus.

  • ons ‘n bron van hoop vir ons kinders en ons gemeenskap kan wees.

  • almal tuis en welkom sal voel.

Ons Reis:

Ons wil as geestelike leiers …

  • diensbaar wees en bereidwillige hande en voete vir Hom wees.

  • saam luister na God se wil en saam die mantel opneem om sy wil in ons omgewing te openbaar.

  • deur ons voorbeeld lei.

  • in biddende afhanklikheid van Hom, rigtingbepalend, ligdraend en verdraagsaam wees ter wille van Hom.

  • leiding neem om ons grense te verskuif, om so ons “grondgebied” in die Here vir Hom te vergroot.

As sy Gemeente wil ons…
  • saam groei in geloof, nederigheid en diensbaarheid.

  • saam groei in ons betrokkenheid binne die gemeenskap.

  • saam ons gawes ontdek en toegerus word om al ons gawes en talente te gebruik.

  • saam nuut dink oor hoe om liggaam / bruid / huis van Jesus te wees.

  • die veilige hawe wees vir vandag se mense.

  • vir elke faset van ons lewens biddend afhanklik van God wees.

  • saam in ‘n lewende verhouding met God staan, mekaar se hande vat as dit swaar gaan, en saam ervaar dat Jesus Christus ons Kragbron is.

  • saam die Blye Boodskap uitleef en na buite uitdra.

Ons Waardes:
  • wedergebore wees in Christus

  • ‘n Lewende verhouding met die lewende God hê

  • betrokke raak by ‘n selgroep

  • betrokke wees by die eredienste

  • jou tiende gee

  • by ‘n bediening betrokke wees

bottom of page