top of page
Aanbidding

Aanbidding is nie iets wat ons doen nie, maar wie ons is. Ons glo dat die Here ons op verskillende manier gemaak het en dat ons die voorreg het om die Here so te kan aanbid. Ons maak geleenthede om saam God te eer en aanbid, soms op Saterdae, soms loop ons saam. Een van ons aanbiddingsinisiatiewe is dat ons mik dat elke kind en jongmens ‘n volwasse gebedsvennoot sal hê. Ons wil julle almal nooi om te kom deel raak van ons bediening. Daar is ‘n wye reeks geleenthede en jy kan self bepaal watter vlak van betrokkenheid jy tans kan hanteer. Daar is geleenthede waar mense weekliks betrokke kan raak, of een maal ‘n maand of selfs op spesiale geleenthede. Hoe meer hande daar is, hoe meer kan ons saam as gelowiges die Here eer.

bottom of page