top of page

Mentor raad

Voorsitter:  Jannie Venter
076 310 3109

Dit word gesê dat mentorskap die derde kragtigste verhouding is waardeur menslike gedrag beïnvloed kan word, ná die huwelik en die uitgebreide familie. ‘n Geestlike mentor is ‘n meer ervare, deurwinterde person wat tyd met iemand anders bestee, wat hom of haar bemoedig en versorg, wat ondersteuning, leiding en terugvoer aan iemand bied, wat as ‘n klankbord dien, wat saam by die Here leiding soek en bid, wat help om probleme in geleenthede te verander, wat selfs as ‘n afrigter (“coach”) kan optree.

In kort, Wilgespruitgemeente het ‘n behoefte aan ‘n toegewyde span bedienaars wat, naas die leraars, soos ‘n geestelike vader en moeder vir ons ander gemeenteleiers kan optree. ‘n Mentor is iemand wat dieselfde nederige, voetewas-gesindheid het, wat Jesus ook gehad het. Dit gaan oor iemand wat hom of haar aan die Here Jesus beskikbaar stel, sodat Hy deur hom of haar kan werk.

Meeting

KONTAK:

011 764 2000

VOLG ONS OP:

  • YouTube
  • Facebook Social Icon
bottom of page