
Jeug Bediening
Voorsitter: Mariëtte van Rooyen
083 415 4115

Wat gebeur by ons Jeugbediening?
By ons gemeente is ons kinders vir ons baie belangrik. Ons Sondagskool opvoeders gee vir die kinders die ruimte om hulself te wees en om hulle geloof te vorm en te versterk.
​
Babakamer
Ons glo dat kinders en babas welkom in ons eredienste is. As jy as ouer egter meer privaatheid soek of bekommerd is dat jou baba die mense om julle mag steur, is jy welkom om na die babakamer te gaan en die diens daar te volg. Die konsistorie is ingerig as ‘n babakamer.​
Kinderkerk
Kinderkerk word Sondae van 8:30 af in die Saal aangebied. Dit is gemik op kleuters en jong kinders tot en met graad 7. Die Saal diens begin met lofprysing, gevolg deur gebed en dan ‘n preek deur Ds Braam ons Jeug Predikant. Die ouers woon die preek saam met hulle kinders by. Na die diens kom almal saam bymekaar in die Saal en van daar af gaan hulle saam met hulle Kategese juffrouens na die lokale toe.
Kategese
Ons het ‘n baie goeie span toegewyde onderwysers. Die groepies is klein genoeg dat elke kind kan voel hulle het ‘n stem en ‘n plek.
Ons fokus daarop om jongmense se geloof met interaktiewe materiaal te vorm en te versterk.
Elke les is so ontwerp dat dit hulle sal inspireer om dissipels van Jesus in hierdie wêreld te wees.
Graad 7-10
Hierdie groep woon die erediens by en het dan hulle kategese na die erediens in die verskillende lokale.
​
Belydenis groep
Hierdie groep woon die eredienste by en verdaag daarna na hulle lokaal. Daar is ook ‘n staptoer wat die Belydenis groep saam met hulle Onderwyser stap in die eerste kwartaal. Hulle kry ook die geleentheid om ‘n Hoërskool kamp in Bloemfontein by te woon.
​
WILGESPRUIT #BELIEVE IT Jeug Byeenkomste:
Die #Believe IT Jeug byeenkomste is elke Donderdag aand vanaf 18:00 tot 19:30 in die saal saam met die “Uniek Band” en dan is daar Praise and Worship geleenthede.
Kinderweek
Wat is kinderweek?
Die KINDERWEEK is 'n opwindende 4 dae waar kinders interaktief en konstruktief van die Here leer.
Ons speel ons harte uit, doen arts and crafts, bak en brou, sing ons harte uit, kyk poppekas, speel LEGO en vele meer.
Elke dag bied ons ook 'n Spesiale geleentheid aan waar 'n instansie of persoon ons kom besoek en iets baie spesiaal of opwindend met ons deel of doen... ons het al selfs 'n planetarium by die kinderweek gehad!
Die hart van die Kinderweek is die groei van kinders se geloof en om 'n goeie belewenis van die kerk en geloof gemeenskap te ontwikkel, maar verder help dit kinders met sosiale ontwikkeling, hou hulle aktief en leer ons soos die week aangaan ander vaardighede en vermoëns ook aan.
Dit help ook ouers wat tydens die vakansie moet werk dat hul kinders in 'n veilige en betekenisvolle ruimte verkeer terwyl hul by die werk is.
​
Jong Werkende Selgroep
Die werkende jongmense kom weekliks op ‘n Woensdagaand vanaf 19:00 bymekaar vir ‘n Bybelstudie geleentheid.
